Upcoming Events

Show

22

Sep10

Business Meets Cape Cabinet

Ek is vanjaar baie betrokke by die reëlings van die “Business meets Cape Cabinet” geleentheid wat op Woensdag 22 September 2010 plaasvind.

Dit is jaarliks baie gewild en kaartjies word redelik vinnig uitverkoop. Daar word tot 20 Augustus 5 tafels (dus 50 plekke) aan die AHI toegeken. Daarna word die plekke vir die algemene publiek beskikbaar gestel. Bespreek dus so spoedig moontlik.

 

Ek het die tema vir vanjaar voorgestel, nl. “World Cup 2010 and beyond”, met spesifieke verwysing na die suksesse in die Wes-Kaap ten opsigte van infra-struktuur, veiligheid, toerisme, ens. Die Wes-Kaapse Regering sal gekomplimenteer word met dit wat bereik is, maar ook op enkele foute en probleem areas.

 

Maar hulle gaan ook uitgedaag word om die momentum met infra-struktuur, dienslewering, toerisme, veiligheid, ens te behou. Die tema vir volgende jaar sal iets wees soos: Een jaar na die Wêreldbeker 2010 – wat is bereik en gelewer in die jaar. Ek het ook veral klem gelê dat die Wes-Kaap vir die regering nie net die Metropool is nie, maar dat die Platteland nie afgeskeep mag word nie.

 

Bespreek betyds by Lee-Ann. Enige navrae kan direk aan my gerig word.

 

Vriendelike groete

 

 Gert du Plessis

 

 Voorsitter: AHI Wes-Kaap

Chairperson: AHI Western Cape

Tel 021 409 7600 / 083 284 8671



Total seats available
50

Extra documents

For more information please contact

Lee-Ann on 021 409 7600 or complete the form below

Enquire about this article



Required fields are marked with *.

Your name *
 
Your surname *
 
E-mail address *
 
Contact telephone number *
 
Ask Clanwilliam Business Forum to contact me *
  Yes No
Your preferred contact method *
 
Tickets
 
@ R x
@ R x
@ R x
Message Text *